Diana (mitologie)

Diana
Romeinse godin
Die Diana van Versailles, ’n 2de-eeuse weergawe (Louvre, Paris).
Die Diana van Versailles, ’n 2de-eeuse weergawe (Louvre, Paris).
Godin van Jag, die maan en natuur
Ouers Jupiter en Latona
Broer Apollo
Verbind met Wilde diere, woude en die mag om diere te beheer
Griekse eweknie  Artemis

Diana was in die Romeinse mitologie die godin van jag, die maan en die natuur; sy is verbind met wilde diere, woude en die mag om diere te beheer en met hulle te praat. Sy is vroeg al vereenselwig met die Griekse godin Artemis,[1] insluitende haar geboorte op die eiland Delos, haar ouers Jupiter en Latona en haar tweelingbroer Apollo,[1] hoewel sy ’n aparte oorsprong in Italië gehad het.

Diana was ook bekend as die maagdegodin van geboortes en vroue. Sy is een van drie maagdegodinne wat ’n eed afgelê het om nooit te trou nie; die ander twee is Minerva en Vesta. Eikebome en takbokke het haar na aan die hart gelê. Sy het ’n triade (’n groep van drie gode) gevorm saam met twee ander Romeinse godinne: Egeria die waternimf en Virbius die woudgod.[2]

Sy is later ook in nuwe heidense gelowe opgeneem, waar sy ’n man, Lucifer, en dogter, Aradia, gehad het.[3]

  1. 1,0 1,1 Larousse Desk Reference Encyclopedia, The Book People, Haydock, 1995, p. 215.
  2. The Clay-footed Superheroes: Mythology Tales for the New Millennium ISBN 978-0-865-16719-3 p. 56
  3. Magliocco, Sabina. (2009). Aradia in Sardinia: The Archaeology of a Folk Character. Pp. 40-60 in Ten Years of Triumph of the Moon. Hidden Publishing.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy